MARANATA AANBIDDING SENTRUM BYBELKOLLEGE
INLIGTING
1 Kurrikulum van die Kollege
 
Eerstejaar Tweedejaar Derdejaar Vierdejaar
Sertifikaat in dissipelskap  Sertifikaat Diploma Diploma
Die Godheid           Die Lewe van Bewondering   Leierskap in die Bediening     Genisis 1-2  
Grondbeginsels         Finansiële Wysheid       Kerkadminstrasie         Exodus 1-2          
Geloof             Prioriteite v d Lewe     Motivering             Levitikus 1-2  
Belydenis             Salwing vd Heilige Gees   Bedrading 1-2           Rigters            
Nuwe Verbond         Geestelike gesag       Basiese Leierskapkursus     Samuel 1-2  
Gawes van die Heilige Gees 1-2 Skepping "Ex Nihilo"     Profiele van Leierskap 1-2     Konings            
Die Wapenrusting 1-2     Die Realiteit vd Hemel     Uitstaande Bediening 1-2     Nehemia  
Engele en Demone       Die Koning en Sy Koninkryk               Skool van Gehoorsaamheid     Die Groot Profete 1-2    
Genesing             Christelike Etiek       Inleiding tot Hebreeus       Die Klein Profete 1-2  
Genesing             Die Tabernakel van Moses   Inleiding tot Grieks       Evangelie - Opnames 1  
Bevryding           Feeste 1             Kuns van Vertolking 1-2     Evangelie - Opnames 2  
Geloof 1-3           Feeste 2             Kuns van Prediking         Evangelie van Johannes  
Die Gelowige se gesag 1.2   Feeste 3             Kreatiewe kOmmunikasie     Handelinge in Aksie  
Die Naam van Jesus     Potensiaal in die Bediening   Effektiewe Pastorale Bediening Romeine            
Die Mens en sy volheid     Analise van die Bediening   Kerkgeskiedenis 1-2         Korinthiërs  
Persoonlike ontwikkeling   Ondersteunende Gawes     Wêreldgoedsdienste       Galasiërs           
Leiding van die Heilige Gees 1-2 Vroue in die Bediening     Kultussen en die Okkulte 1-2   Efesiërs  
Christelike Karakter 1-2   Opvoeding van Kinders 1   Inleiding tot Teologie       Fillipense          
Gebed 1             Opvoeding van Kinders 2   Kennis aangaande God       Kolosense  
Gebed 2             Kinderbediening 1       Die Mens en Sonde         Thesalonisense        
Gebed 3             Kinderbediening 2       Sstudie van christus       Pastorale Sendbriewe 1  
Die Liefdeswandel       Hoe om Jeug te Verstaan   Die Versoening           Pastorale Sendbriewe 2  
Vrugte van die Gees 1-3   Praktiese Bediening 1-2   Saligheid               Hebreërs            
Familielewe           Bediening van Intersessie   Heilige Gees van God 1-2     Jakobus            
Opleiding in Evangelisasie   Musiekbediening         Nuwe Testamentiese Kerk     Petrus   
Sielewenners         Profetiesebediening       Die laaste dinge           Openbaring 1-2        
                                    Metodiek in Sendingwerk                      
2 Kostes
Met ingang van Januarie 2011 sal die kollegefooie vir elke student as volg wees:
Registrasiefooi (Betaalbaar by Registrasie) R     150.00
Lesings R  2,000.00 (R285.00 X 7)
Neem Kennis: Daar sal verdere kostes gedurende die jaar wees, soos bv. Sakwapen, balkie, ens.
3 Kleredrag
Mansstudente:   Kollegebaadjie (navy) ligblou hemp, grys langbroek met grys sokkies     
Damesstudente:   Kollegebaadjie (navy) wit bloes met 'n donkerblou (navy) romp/langbroek
4 Kollegereëls
4 1 Met registrasie is die registrasiefooi betaalbaar en Kollegegelde is stiptelik tydens elke module 
betaalbaar.  Die registrasiefooi is nie terugbetaalbaar nie.
4 2 Van studente word verwag om hul studies biddend te voltooi en streng by roostertye te hou.
4 3 Elke vak moet voor elke toets minstens driekeer deur gelees word.
4 4 Studente moet saam met hul teoretiese opleiding ook gereeld hul praktiese opleiding voltooi.
4 5 Studente moet onder die leiding en inspirasie van die Heilige Gees studeer.
4 6 Die vereiste eksamen slaagsyfer is 50%.
4 7 Die Dekaan sal gereed wees om by te staan met berading en algemene inligting.
4 8 Na die suksesvolle aflegging van die vakke tydens enige semester (½ akademiese jaar) en die volle
vereffening van alle uitstaande finansiële verpligtinge, kan studente kwalifiseer vir die volgende
semester.
4 9 Waar van toepassing, sal Pastorale studente later beide praktiese en teoretiese opdragte en 
voorwaardes moet nakom om in aanmerking te kom vir verordinering.  (Die verkryging van 'n
kollegediploma maak 'n student nie outomaties 'n kanidaat vir verordinering nie.)
4 10 n Bywoningsyfer van 90% pj. word van elke Bybelkollegestudent verlang (alleenlik siekte of dood
van afhanklikes sal vir goedgekeurde afwesigheid kwalifiseer).
4 11 Sertifikate sal tydens 'n Sertifikaatplegtigheid uitgereik word na die suksesvolle aflegging van 
n volle semesterkursus.
4 12 Kleredrag vir kollegenaweke moet ten alle tye netjies wees.   Ook moet die kleredrag van studente 
in die openbaar respek afdwing.  Tydens kollegenaweke moet alle studente die voorgeskrewe 
kollegedrag dra.
5 Verpligtinge teenoor plaaslike gemeentes
Studente moet alle dienste en byeenkomste van hulle plaaslike gemeentes getrou ondersteun.
Studente moet hulself ten volle onderwerp aan die gesag van hul plaaslike leraar.
Mag die seën van die Here op al ons studente rus.   Onthou, selfdissipline en getroue studies verseker sukses.
Aanhouer wen.   Jesus stel nie net belang in wie begin nie, maar wie die mylpaal suksesvol bereik.   
                                       
PASTOOR TINUS DE JAGER