|
Suid-Afrika Benodig ‘n Nuwe
Hart
Daar is bemoedigende tekens dat die Here iets besonders doen in ons mooi
land. Verskeie inisiatiewe dra die boodskap van God se hersskeppende en
bonatuurlike krag. Die ‘Nuwe Hart Inisiatief ’ spreek moraliteit, norme en
waardes in ons samelewing aan. Misdaad, geweld, afhanklikheid, verbrokkeling
van verhoudings en korrupsie het een gemeenskaplike deler; die afwesigheid
van moraliteit. Die onderwys, sakewêreld, media, politiek, soms selfs die
Kerk, gaan gebuk onder ‘n gebrek aan itegriteit in optrede.
Eerlikheid, selfbeheersing, verantwoordelikheid en medemenslikheid sal moet
terugkom in elke gemeenskap ter wille van ‘n veilige en stabiele toekoms.
Suid-Afrika het ‘n nuwe hart nodig. In Eseg. 36:26 beloof die Here: “Ek sal
julle ‘n nuwe hart gee…”
Die ‘Nuwe Hart Inisiatief’ loots amptelik op 21 September vanjaar. Die
projek word in elke gemeenskap en deur elke gemeenskap gedryf aan die hand
van
aksieplanne en praktiese riglyne. Besighede affilieer met die ‘Nuwe Hart
Stigting’ wat staan vir etiese waardes in die werk- en besigheidsplek.
Die insiatief vra tans vir persone wat bekend is met hul plaaslike
gemeenskap, dorp, stad en omgewing en wat bereid sal wees om
moraliteitsherstel daar te fasiliteer.
Dit sal hulle taak wees om ‘n subkomitee te vorm wat uit verteenwoordigers
van van vyf samelewingsverbande (skole, kerke, plaaslike owerheid, besighed
en die media) bestaan.
‘n Korant-handleiding bevat insette van verskeie prominente en
gerespekteerde medewerkers oor verskeie aspekte van morele herstel.
Die riglyne is prakties en implimenteerbaar. Plakkate is ook beskikbaar wat
by skole, kerke en besighede opgeplak kan word.
Die komitee dra die boodskap op gepasde wyse oor na die terreine wat hulle
verteenwoordig.
Aspirante fasiliteerders kan ds. Jannie Pelser skakel by 083 601 9094 vir
meer inligting of besoek die webwerf by
http://www.getyournewheartday.com
Randfontein het ingeskakel en op 12 November 2008 al die leiers van ons dorp
en die besigheidsmanne bymekaar gebring om ons visie in hulle harte te
genereer.
|