Maranata Aanbidding Sentrum RSA

MIDDELVLEI

MISSIE

Maranata Worship Centre RSA

MIDDELVLEI

MISSION

Missie Geloofsverklaring Vennootskap Jeug Kontak Ons
Mission Faith Statement Partners Youth Contact us
We have a new heart Preke Bybelkollege Selmateriaal Ons het n nuwe hart

MISSIE:

Ons proklameer die koninkryk van God en Sy goeie nuus oor die Evangelie van Jesus Christus in ons dorp, omliggende dorpe en elkeen met wie ons in aanraking mag kom. 
Ons roep hulle tot bekering en wil die Godheid van Jesus Christus vestig in al die areas van die lewe.
Ons doel is om aan hierdie mense die nodige toerusting te verskaf en te mobiliseer om die doel waarvoor hulle geskape is, te kan bereik.
Ons wil hulle onderrig, lei en dissiplineer in die weë van Jesus Christus en deur die krag van die Heilige Gees lei tot volkome emosionele, fisiese en geestelike genesing in hulself, hul families en ook in die gemeenskap.
In elke opsig wil ons ’n rolmodel vir andere wees deur te handel volgens Bybelse voorskrifte.
Deur die krag van die Heilige Gees wil ons ’n verhouding met ons mede-werkers opbou en ’n gesamentlike visie in samewerking met mekaar volbring.
Ons doel is om ’n profetiese liggaam te wees.
Ons wil God se doel in ons volk uitleef terwyl ons ’n Bybelse wêreld visie ontwikkel wat God se waarheid en Sy wysheid sal weerspieël wat relevant is ten opsigte van die tyd waarin ons leef en ons kultuur.
Ons wil mense lei, allereers nuwe weergebore gelowiges, tot op die plek waar hulle bekwaam kan handel in die Bybelse beginsels van geloof, liefde, genesing, vooruitgang, verlossing, geregtigheid en tot op die plek waar hulle hierdie beginsels met mekaar deel.
Om gelowiges by te staan totdat hulle gebaseer is op, ingewortel en gevestig is in die Woord van God, deur hulle te leer om God se Woord die eerste plek in hulle lewens te gee. (Kol. 1:23, Ps 112)
Om die geheime te openbaar – die oorwinnende openbarings van God se Woord, wat deur die jare weggesteek was. (Kol 1:25-28)
Om ‘n weermag van volwasse gelowiges op te bou, om hulle te vat van melk tot vaste spys, van godsdiens tot werklikheid, en om hulle te leer om bekwaam te wees in die woord van geregtigheid, om vas te staan in geestelike oorlogvoering teen die Koninkryk van die Duisternis.
Om te proklameer dat “Jesus is Heer” van die bopunt, tot aan die onderpunt en ook reg rondom die wêreld.

MISSION:

We proclaim the kingdom of God and His good news, the Gospel of Jesus Christ in our town, neighboring towns and to any one we may come in contact with. 
We call them to repentance and we want to establish the Godhead in all the areas of their lives. 
Our aim is to equip and mobilize these people to achieve the goal they were created for. 
We want to teach, guide, and discipline them in the ways of Jesus Christ, and through the power of the Holy Spirit, equip them until they reach total emotional, physical and spiritual health in themselves, their families and their community. 
We want to be a roll model for everybody by living a life according to the Bible’s principals in all aspects of our lives. 
Through the Power of the Holy Spirit we want to build strong relationships with our co-workers and together strive to achieve a joint vision. 
Our goal is to become a prophetic body. 
We want to live God’s goal for our nation while we create a Biblical world vision that is relevant to the times we live in and our culture, which will reflect God’s truth and wisdom. 
We want to lead people, firstly new born believers, up to where they will be able to conduct and uphold Bible principles as faith, love, health, prosperity, deliverance and righteousness and until they can share these principles with one another. 
To assist believers until they are based on, deep-rooted and established in the Word of God, by teaching them to put God’s Word first in their lives. 
To make the Word of God fully known – to reveal the mysteries which was hidden for ages and generations. 
To build a army of mature believers, to take them from milk to solid food, from religion to truth, and to equip them in the Word of Righteousness to stand firm against the kingdom of darkness in spiritual warfare. 
To proclaim Jesus Christ is Lord, from the top to the bottom and right around the world. 

 

This Website is proudly Designed, Hosted and Maintained by: