Maranata Aanbidding Sentrum RSA     

Geloofsverklaring

Missie

Geloofsverklaring 2011 Konferensie Kontak Ons Gemeente Webtuistes
Mission Faith Statement 2011 Conference Contact Us Congregation Websites

HOME TUISBLAD

Bybelkollege

Bible College

       Maranata Worship Centre RSA       

Faith

DIE VERKLARING VAN GELOOF
Die programme en aktiwiteite wat die vorm van aanbidding van die GEMEENTE 
beheer, is gebasseer op en te alle tye in ooreenstemming met die volgende 
geloofsbelydenis en oortuigings, ooreenkomstig die Woord van God.

DIE HEILIGE SKRIF
Die Bybel is die geïnspireerde Woord van God, die produk van Heilige manne van
ouds wat gepraat en geskryf het soos hulle deur die Heilige Gees geïnspireer was. 
Die Nuwe Verbond, soos in die Nuwe Testament opgeteken, word aanvaar as ons 
onfeilbare wegwyser in sake rakende gedrag en dogma. (2 Tim. 3:16; 1 Thes. 2:3; 
2 Pet. 1:19-21)

DIE GODHEID
God is drie-enig en word geopenbaar in die Vader, die Seun en die Heilige Gees,
wat aan mekaar gelyk is. (Fil. 2:6; 1 Jhn. 5:7) God die 
VADER is groter as almal (Jhn. 14:28), die bron van die Woord 
(logos)(Jhn.1:1 & 7). Die HEILIGE GEES spruit voort uit die Vader sowel
as die Seun en is ewig. (Jhn. 15:26).

DIE MENS, SY SONDEVAL EN VERLOSSING
Die mens is 'n geskape wese, gemaak na die gelykenis en beeld van
God, maar deur Adam se oortreding en sondeval, het die sonde in die 
wêreld gekom. "Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
heerlikheid van God". Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie
selfs nie een nie". Jesus Christus, die Seun van God, is 
geopenbaar om die werk van die duiwel ongedaan te maak en het SY 
lewe gegee en SY bloed vergiet om die mens te verlos en na GOD
terug te bring. (Rom. 3:10; 3:23; 1 Jhn.1. 3:8). Die mens word
gered uit GOD se genade deur sy geloof in Christus Jesus en nie as
gevolg van die mens se werke of eie toedoen nie, sodat niemand 
mag roem nie. (Efe. 2:8-9)

DIE NUWE GEBOORTE EN EWIGE LEWE
Die mens se eerste stap tot wedergeboorte en ewige saligheid, is
die mens se berou oor sy sonde. Die nuwe geboorte is noodsaaklik
vir almal om die ewige lewe deelagtig te word. (Jhn. 3:3-15; 2
Kor. 7:9-10; 1 Jhn 5:12).

DIE WATERDOOP
Die Waterdoop is 'n direkte opdrag, slegs aan gelowiges en geskied 
deur indompeling. Dit is 'n stap van gehoorsaamheid van die 
Christen. Dit is die Christen se indentifikasie met Christus in SY
dood, SY begrafnis en SY opstanding (Mat. 28:19; Rom. 6:4; Kol.
2:12; Hand. 2:38; 8:36-39; 19:3-4; Mark. 16:16).

DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES
Die doop in die Heilige Gees is 'n gawe van God soos deur die Here
Jesus Christus aan die gelowiges belowe is en word na die nuwe 
geboorte ontvang. Hierdie ondervinding word bevestig deur die 
aanvanklike teken van die spreek in ander tale soos die HEILIGE
GEES self uiting gee. (Mat. 3:11; Hand. 2:38-39; 19:1-6; 2:4; 1:5&8;
Jhn. 1:33).

HEILIGING
Die Bybel leer dat sonder Heiligmaking niemand die Here sal sien
nie. Ons glo die Heiliging as 'n definitiewe dag voortgaande
genadewerk wat tydens wedergeboorte begin en voortduur, tot die
voltooiing van Saligheid. (Heb. 12:14; Thess. 5:23; Fil. 3:14; 1 Pet.
1:16).
Met betrekking tot sekuele sake, glo ons in hetroseksuele 
verhoudinge tussen 'n natuurlike man en 'n natuurlike vrou binne die 
raamwerk van 'n wettige huwelik, geen ander praktyke word aanvaar 
nie.

VERDERE WAARHEDE EN OPENBARINGE
Hierdie gemeente is oop en ontvanklik vir enige verdere waarhede 
en openbaringe wat die Heilige Gees mag openbaar vanaf en uit die
Skrifte.

GODDELIKE GENESING
Die versoeningswerk van CHRISTUS maak voorsiening vir Goddelike
Genesing vir alle siektes. Dit geskied deur die bonatuurlike krag 
van God deur die gebed en geloof, die oplê van hande en gebed na
salwing met olie. (Jes. 53:4-5; Mat. 8:17; Mark. 16:18; Jak. 5:14-15;
1 Pet. 2:24; Mark. 6:13).

DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Met SY wederkoms sal diegene "wie in Christus gesterf het, eerste 
opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in
die wolke weggevoer word, die Here tegemoet in die lug". (Hand.
1:11; Thes. 4:16-17).

DIE HEL EN EWIGE VERGELDE
Die een wat sonder Christus sterf is ewig verlore en sy 
eindbestemming is die ewige vuurpoel. (Heb. 9:27; Open. 19:20).

LOFPRYSINGE
Om God te loof en te prys ooreenkomstig Sy Woord. (Ps. 149 en
Ps. 150)

DUIWEL UITDRYWING EN BEVRYDING
Duiwel uitdrywing en bevryding is 'n direkte opdrag deur JESUS
CHRISTUS aan SY volgelinge. (Jhn. 14:12; Hand. 16:18; Mark. 
16:17; Mat. 10:8; Mark 3:15 en 6:13).

UITBREIDING VAN GOD SE KONINKRYK
God se opdrag is om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig
aan alle nasies en om dissipels te maak en hulle te leer. (Matt.
28:19; Mark. 13:10 en 16:15).

BEOEFENING VAN DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES
Om die gawes van die Heilige gees na te streef en te beoefen 
soos opgeteken is in: (1Kor. 12:1-10; 1Kor. 14:1-26 en 39).

HANDE OPLEGGING
Hande-oplegging is een van die fundamentele leringe van Christus.
(Heb. 6:1-2; Gal. 1:12; Hand. 6:5-6; 1Tim 4:14; Hand. 13:3; 2Tim.
1:6; Mat. 19:13-15; Mark.16:18; Luk. 4:40; Luk. 13:13 (sien Jhn.
14:12); Hand. 28:8).

FAITH STATEMENT

THE STATEMENT OF FAITH - MAS

All programs and activities which is the base of the congregation are based 
on at all times in agreement with the following creed, conviction and in creed
with the Word of God:

THE SCRIPTURES
The Bible is the inspired Word of God, the product of the Holy men of yore which
talked and wrote by the inspiring of the Holy Spirit. The New covenant, as written
in the New Testament, is accepted as our infallible signpost in order of our 
attitude and dogma. (2 Tim 3:16; 1 Thes 2:3; 2 Pet 1:19-21)

THE GODHEAD
God is Trinity and is revealed as the Father, Son and the Holy Spirit which
is equal against each other. (Fil 2:6; 1 Joh 5:7) God the Father is majestic 
(Joh 14:26), the source of the Word (Logos) (Joh 16:28). The Son is the Word 
which became flesh (Joh 1:1 & 7). The Holy Spirit arise forth of the Father
as well as the Son and is forever (Joh 15:26)

THE HUMAN BEING, HIS SIN AND HIS REDEMPTION
The human being is a created essence, which is formed in resemblance 
of God, but due to Adam's transgression and fall of man, sin became part 
of the world. "Everyone has sinned and be missing the magnificence of 
God. "As it is written: There is no one righteous, not even one". Jesus
Christ, the Son of God, is revealed to work against the works of the enemy,
and gave His Life and shed His Blood to reconcile men with God. (Rom 3:10;
3:23; 5:12; 1 Joh 3:8). Men are saved by the grace of God through his faith
in Christ Jesus and not because of the works he has done, so that no one 
can be glorious. (Ef 2:8-9)

THE NEW BIRTH AND ETERNAL LIFE
The first step for men to be born again and eternal life is to be sorrowful 
of all his sin. The new life is important for everyone to gain eternal life
(Joh 3:3-5; 1:12-13; 2 Cor 7:9-10; 1 Joh 5:12)

WATER BAPTISM
Water Baptism is a direct instruction, only to saints and is done by immerse.
This is a step of obedience. This is a Christian's identification with Christ,
believing in His death, His burial and His resurrection. (Matt 28:19; Rom 6:4; 
Col 2:12; Act 2:38; 8:36-39; 19:3-4; Mark 16:16)

THE HOLY SPIRIT BAPTISM
The Holy Spirit baptism is a gift of God as promised by Jesus Christ to all
saints which is received after receiving new life. The experience is
confirmed by a sign by the speaking in tongues as given by the Holy 
Spirit it self. (Matt 3:11; At 2:38-39; 19:1-6; 2:4; 1:5 & 8; Joh 1:33)

SANCTIFICATION
The Bible teaches us that no one will see God without sanctification. We
believe the sanctification is a definite dogma starting at the stage of born
again going on till the completeness of Salvation. (Heb 12:14; 1 The 5:23; Fil
3:14; 1 Pet 1:16)
With reference to sexual issues, we believe in heterogeneous relationships
between a natural man and a natural woman within the spectrum of a lawful
marriage, no other practices will be accepted.

OTHER TRUTHS AND REVELATIONS
This ministry is respective for any other truths and revelations which are
inspired by the Holy Spirit within the Scriptures.

DIVINE HEALING
Divine Healing of all sickness is provided by the reconciliation work
of Christ. This happen through super natural power of God through the 
anointing with oil, prayer, faith and the laying on of hands. (Isa 53:4-5; Matt
8:17; Mark 6:18; Jam 5:14-15; 1 Pet 2:24; Mark 6:13)

SECOND COMING OF CHRIST
With the second coming only those who "died in Christ" will be the first
to be resurrected. After that all those who are still alive will be carried off
on the clouds to meet with Him. (Act 1:11; The 4:16-17)

THE HELL END ETERNAL DAMNATION
Those who died without Christ as their Lord and Savior are lost and will be 
thrown into the Lake of Fire. (Heb 9:27; Rev 19:20)

PRAISE AND WORSHIP
To praise and worship God according to His Word (Ps 149 & 150)

CASTING OUT OF DEVILS AND DELIVERANCE
Casting out of devils and deliverance is a direct instruction given by Jesus 
Christ to His followers. (Joh 14:12; Act 16:18; Mark 16:17; Matt 10:8; Mark 
3:15; 6:13)

EXPANDING THE KINGDOM OF GOD
God's instruction is to go out and make disciples of all nations, baptizing
them in the Name of the Father, and of the Son and of the Holy Spirit and
then teach these new disciples to obey all the commands He has given us.
(Matt 28:19; Mark 13:10; 16:15)

PRACTICING THE GIFTS OF THE HOLY SPIRIT
To practice the gifts of the Holy Spirit according to the Scriptures. 
(1 Cor 12:1-10; 1 Cor 14:1,26 & 39)

LAYING ON OF HANDS
The laying on of hands is one of the fundamental teachings of Christ.
(Heb 6:1-2; Gal 1:12, Act 6:5-6; 1 Tim 4:14; Act 13:3; 2 Tim1:6; Matt 19:13-15
Mark 16:18; Luk 4:40; Luk 13:13; Joh 14:12; Act 28:8)


This Website is proudly Designed, Hosted and Maintained by: